Monday, July 17, 2006

Trots Namibier!

Dagse mense,

Al peinig dit my hoe wil ek net se: "I told you so!"
Ek het dit mos voorspel, maar ek dink nie eers Siener van Rensburg sou sulke slagting kon voorspel nie! Dalk is volgende Saterdag se slagting die Swart Nag waarvan hy voorspel het.

Ek het vanoggend met 'n pom-kollega gesels en toe ek vir hom die score vertel toe se hy: "...but its difficult NOT to score in rugby?" en ek moet se ja, dit is nogal moeilik om NIKS punte te kry in 'n hele wedstryd nie!

Nou lees ek vroer dat ou Butch die saviour moet gaan wees in Nieu Seeland!

Op 'n ander noot was my naweek nogal cool gewees!

1.) Die WP het die huidige Currie Cup houers, die Cheetahs geroer die naweek. En die een bra wat die Bokke sal KAN help uit hulle penarrie uit, Luke Watson het weer gekook saam met ons nuwe staatmakers

2.) Man U het vir arme Orlando Pirates geroer, maar dis nie heeltemal hoekom ek bly is nie, eks bly omdat Ole twee goals gescore het en omdat Paul Scholes weer gesond is! As die twee bra's gesond bly staan ons 'n kans om vir Chelski te roer!

3.) Schumi het vir Alonso ook geroer die naweek en as Massa nie 'n bietjie dom was nie, sou Schumi meer punte van Alonso gevat het! Ten minste was daar weer vir 'n slag twee Ferrari's op die podium!

E-e-e-en-n-n: Op die TestRugby veld is ALTWEE my spanne op bladsy een van die rankings!
Heel onder op die bladsy, maar darem daar! Nommer 19 en 20!

tot later

No comments: