Hierdie is die Namibiese vlag. Dis rooi en blou en wit en groen en geel. Almal in Namibie ondersteun die Springbokke, behalwe Pieter, hy ondersteun die Wallabies.

Hier is 'n foto van my en my meisie, ons sit voor Stonehenge in pommieland. Ons het die foto bruin gemaak omdat ons heeltemal bleekwit is van die min sonskyn wat ons hier kry.

Hier is 'n advertensie vir Windhoek bier. Ons het lekker bier in die Namib, maar niemand in Windhoek drink Windhoek nie, ons drink almal Tafel Lager. Tafel Lager is lekkerder as Windhoek Lager.

Hier is 'n foto van die Namib uit die ruimte uit.

O, ja, my meisie is nie net my meisie nie, sy's my verloofde ook. Ons gaan in hierdie kerk trou. Die perd staan langs die kerk en hy staan ook op Windhoek Bier
No comments:
Post a Comment