Wat 'n briljante naweek... Ek is in die top 10 en ek het 'n sterretjie langs my
naam! 'n Sterretjie beteken dat ekdie grootste jump in die rankings gemaak het. Met ander woorde ek het 7 plekke opgeskuif! MAW as ek volgende week nog sewe plekke opskuif is ek derde! (behalwe as die ander mense groot opf*k is dit wishful thinking!)
My beste speler vir die naweek en seker vir die toernooi so ver is Richie McCaw en met 365 punte en 'n verkoop waarde van meer as $1,300,000 was hy wragtag die moeite werd! Van geld gepraat...
Die A-span het op die oomblik $3,959,500 wins gemaak met $7,494,500 in die bank om net 5 spelers te koop! Cool, ek dink ek gaan maar wag tot hulle die spanne bekend maak voodat ek iemand koop.
Die B-span het $3,861,000 wins en het $8,956,000 in die bank om net 6 spelers te koop! hehehe, ek dink as al die vorm spelers perform is dit nie te skuins om nog 'n paar plekke op te skuif nie.
hehehe, dinge lyk rooskleurig in my land
Groete dan tot later
p.s. die WP het weer gewen en Ferrarri ook! yeah!
No comments:
Post a Comment