Yeah vanoggend vroeg London (UK) tyd het die Super 14 weer afgeskop.
Ek dog ek gee julle 'n vinnige update van wat op die spel vir die spelers aangesien ons SA Spanne nog nooit voorheen die Super 12 kompetisie of die Super 14 kompetisie kon gewen het nie. Hulle het 'n nuwe trofee laat ontwerp laas jaar:
Dis hoe hy lyk in 'n "photo shoot"
Onder is die hele vollengte trofee.

Aan die linkerkant is 'n close up van sy kop, in kort is dit die Suidelike Halfrond en dit se Super XIV oor die hele kop:

Op die foto hieronder is hoe dit ten toon gestel word langs die rugbyveld seker by die finaal, maar ek weet nie want geen SA span was nog by die finaal nie en ek was definitief nog nie by 'n finaal nie!

Die groot nuus die jaar is die feit dat die NZ Rugby Unie Twee-en-twintig vol bloed All Blacks onttrek het uit die eerste 7 rondes van die Super 14.
Met ander woorde die grootste spelers soos Richie McCaw en Dan Carter speel nie vir die eerste spul rodes nie, dit beteken die tweede spanne gaan moet speel vir die eerste helfte van die toernooi.
Die "Mission Impossible" vir die jaar gaan wees om te keer dat die Crusaders nie WEER wen nie!
Net ingeval julle nie geweet het nie:
Tot later eers