Monday, July 31, 2006

26, 20, 17, 10, Top TIEN!

Hello daar,

Wat 'n briljante naweek... Ek is in die top 10 en ek het 'n sterretjie langs my naam! 'n Sterretjie beteken dat ekdie grootste jump in die rankings gemaak het. Met ander woorde ek het 7 plekke opgeskuif! MAW as ek volgende week nog sewe plekke opskuif is ek derde! (behalwe as die ander mense groot opf*k is dit wishful thinking!)

My beste speler vir die naweek en seker vir die toernooi so ver is Richie McCaw en met 365 punte en 'n verkoop waarde van meer as $1,300,000 was hy wragtag die moeite werd!

Van geld gepraat...

Die A-span het op die oomblik $3,959,500 wins gemaak met $7,494,500 in die bank om net 5 spelers te koop! Cool, ek dink ek gaan maar wag tot hulle die spanne bekend maak voodat ek iemand koop.

Die B-span het $3,861,000 wins en het $8,956,000 in die bank om net 6 spelers te koop! hehehe, ek dink as al die vorm spelers perform is dit nie te skuins om nog 'n paar plekke op te skuif nie.

hehehe, dinge lyk rooskleurig in my land

Groete dan tot later

p.s. die WP het weer gewen en Ferrarri ook! yeah!

Friday, July 28, 2006

Die naweek se spanne

Dagse al die mense, hier sit ons nou en almal is reg vir die naweek se rugby. My voorspelling vir die naweek is 25-17 vir die Aussies. Ek dink regtig die Aussies gaan die Black's roer die naweek.

Ek het twee surprise packages in my twee spanne. Die eerste een is Rocky Elsom in die A-span en die tweede verassing is Rodzilla in die B-span. Albei is winskopies gewees en ek hoop hulle gaan nog lekker wins vir my maak. Ek het wins nodig want ek het nie baie trades nie.

Anyway, hier is die naweek se spanne:



DESERT STORMERS
FR Keven Mealamu NZL
FR Jeremy Paul AUS
LK Chris Jack NZL
LK Daniel Vickerman AUS
LF Rocky Elsom AUS
LF Richard McCaw NZL
HV Daniel Carter NZL
HV Stephen Larkham AUS
CT Matt Giteau AUS
CT Stirling Mortlook AUS
OB Rico Gear NZL
OB Chris Latham AUS

Supreme Stormers
FR Rodney Blake AUS
FR Jeremy Paul AUS
LK Chris Jack NZL
LK Nathan Sharpe AUS
LF Jerry Collins NZL
LF Richard McCaw NZL
HV Daniel Carter NZL
HV Stephen Larkham AUS
CT Matt Giteau AUS
CT Stirling Mortlook AUS
OB Rico Gear NZL
OB Leon MacDonald NZL




Sterkte vir almal met die naweek se verrigtinge
tot later

p.s. Hier is die regte rede hoekom die Bokke nie ge-intimideer word deur die nuwe haka nie!




Thursday, July 27, 2006

Ek gaan jou nou mo£r

Na aanleiding van gister se post, kyk bietjie die Springbokke se gesigte teen die einde van die haka. (Vergeet van Habanero se verskrikte gesig in die begin)

Ek dink "bemused" is 'n goeie beskrywing van hulle gesigte, m.a.w. "Ek gaan jou nou moer."




Wednesday, July 26, 2006

Nou maar toe, die naweek se verrigtinge was baie interessant gewees en alhoewel dit interesant was, was dit tog glad nie insiggewend gewees nie. Die bokke het goed begin en toe gestop. Die All Blacks moes net opdaag… en hulle het. Gavin Rich van SuperRugby het ‘n teorie oor hoekom die Bokke altyd goed speel teen die Kiwi’s.

Sy rede is die Haka…

Die Haka is veronderstel om vrees in die harte van enige opponent te gooi. Nou staan dit so sy hy: "While most other nations get a bit intimidated by the haka, maybe it [the Haka] switches South Africans on, raises their blood levels, gets them ready to do battle.


Think about it. We know the different psyches of the nations that play rugby against New Zealand. Some Kiwi players have even gone public about their view of South African players. They reckon that the Boks are just always incredibly angry.


Well, maybe it’s because every South African male relishes a physical challenge, and the All Blacks, when they deliver their haka, certainly lay down the challenge in no unambiguous way.

Whereas an Englishman might see the haka and think the thoughts “What the heck am I doing here?”, the thoughts that go through your average South African male mind is probably more along these lines: “Look at that nutter. What does he think he is doing? I cannot wait to get hold of him and give him a good clubbing.”

Ek kan nie genoeg met hierdie bra saam stem nie en dit was by verre die beste opsomming van die naweek se verrigtinge. Jy kan die hele artikel HIER lees.
Op die TestRugby veld het ek verbasend goed gevaar. Met Graham Henry se rotasie policy het ek mos ‘n paar ouens gehad wat nie eers op die bench was nie!
Die A-span het vir ‘n slag die B-span geroer met 2660 punte teen 2290 punte, maar ek moet noem dat die B-span drie spellers gehad het wat glad nie gespeel het nie en die A-span het net een gehad wat nie gespeel het nie.
In elk geval, die spanne is bekend gemaak en ek het my keuses gemaak, maar ek het nou so baie geld dat ek nie weet wat om daarmee te doen nie!


Dis hoe dit lyk as mens die MEESTE WINS gemaak het van almal in die ronde... soos die Desert Stormers gedoen het met die laaste ronde!

Groete, tot later

Thursday, July 20, 2006

Kontant om te brand!

Dagse,

ekt besluit om my span aankondigings bietjie vroeg te maak die week.
Die rede is omdat ek in 'n bitter snaakse posisie sit.

Ek het PIS baie geld om te spend, maar ek het GEEN trades oor in my spanne om te kapitaliseer op my "shrewd" trading skills nie.

Anyway nou sit ek met 3 no-shows in die B-span en 1 no-show en 1 poepol op die bench vir die A-span, so ek dink ek kan met redelike gemak sĂȘ ek gaan WEER op die tweede bladsy wees na die naweek se game.

Intussen groei my winste so dat ek dink ek moet my title verander van “Test Rugby Manager” na “Test Rugby Chief Executive Officer” want ek kook op die besigheids kant van dinge. Die A-span se winste staan op: $2,707,000 met $1,134,500 in die bank. En die B-span se winste staan op: $3,036,000 met $1,546,000 in die bank.

Hier is my spanne vir die Ronde nommer 3:

Desert Stormers

FR Anton Oliver NZL
FR John Smit SAF

LK Chris Jack NZL
LK Victor Matfield SAF

LF Richard McCaw NZL
LF Joe van Niekerk SAF - Bench sitter

HV Daniel Carter NZL
HV Piri Weepu NZL

CT Jaque Fourie SAF
CT Sam Tuitupou NZL

OB Rico Gear NZL - No Show
OB Leon MacDonald NZL

Supreme Stormers

FR Anton Oliver NZL
FR John Smit SAF

LK Chris Jack NZL
LK Victor Matfield SAF

LF Jerry Collins NZL - no show
LF Richard McCaw NZL

HV Daniel Carter NZL

HV Jaco van der Westhuyzen SAF - no show

CT Jaque Fourie SAF
CT Sam Tuitupou NZL

OB Rico Gear NZL - no show
OB Leon MacDonald NZL


Hopelik kry ek bietjie punte van Big Joe af as hy "van die bench" af speel en 'n vinnige drie druk of iets.

No maar toe, tot later eers...

Tuesday, July 18, 2006

Hulp het uiteindelik opgedaag vir die Springbokke!


Baie Geluk Madiba

Happy Birthday Madiba!


Ek hoop Madiba het 'n lekkerder verjaardag as wat die Bokke se dag was Saterdag.

Graham Henry het die kat uit die hoed uit geruk my sy span keuses! Dalk het hy by Jake tips gekry? Kies die oudste bra's wat jy kan vind.

K@K!!!! Dit los my met BAIE cash om te brand, maar ek het fokkol trades om dit mee te doen!!

Hy's blerrie swaap, vir wat gaan kies hy Reuben Thorne? Nou sit ek met Jerry Collins in my span wat ek nie kan trade nie EN die bra is nie eers op die bench nie! So hy kan vir my boggerol punte maak, nie eers een tekkel nie. Wadde?!


Understatement van die week; Graham Henry uit Wellington vanoggend: "Last week was an aberration, an anomaly. The Springboks didn't get the bounce of the ball and the game got away from them." - Ja die game was so bietjie buite hulle bereik gewees.

Monday, July 17, 2006

Trots Namibier!

Dagse mense,

Al peinig dit my hoe wil ek net se: "I told you so!"
Ek het dit mos voorspel, maar ek dink nie eers Siener van Rensburg sou sulke slagting kon voorspel nie! Dalk is volgende Saterdag se slagting die Swart Nag waarvan hy voorspel het.

Ek het vanoggend met 'n pom-kollega gesels en toe ek vir hom die score vertel toe se hy: "...but its difficult NOT to score in rugby?" en ek moet se ja, dit is nogal moeilik om NIKS punte te kry in 'n hele wedstryd nie!

Nou lees ek vroer dat ou Butch die saviour moet gaan wees in Nieu Seeland!

Op 'n ander noot was my naweek nogal cool gewees!

1.) Die WP het die huidige Currie Cup houers, die Cheetahs geroer die naweek. En die een bra wat die Bokke sal KAN help uit hulle penarrie uit, Luke Watson het weer gekook saam met ons nuwe staatmakers

2.) Man U het vir arme Orlando Pirates geroer, maar dis nie heeltemal hoekom ek bly is nie, eks bly omdat Ole twee goals gescore het en omdat Paul Scholes weer gesond is! As die twee bra's gesond bly staan ons 'n kans om vir Chelski te roer!

3.) Schumi het vir Alonso ook geroer die naweek en as Massa nie 'n bietjie dom was nie, sou Schumi meer punte van Alonso gevat het! Ten minste was daar weer vir 'n slag twee Ferrari's op die podium!

E-e-e-en-n-n: Op die TestRugby veld is ALTWEE my spanne op bladsy een van die rankings!
Heel onder op die bladsy, maar darem daar! Nommer 19 en 20!

tot later

Zidane se headbutt - uit verskillende perspektiewe

Friday, July 14, 2006

24hrs 25mins voor die 2e ronde


Die oomblik waarvoor daar gewag is het nou aangebreek.

Die eerste vraag wat ek moet vra is: "Gaan die Bokke die Aussies roer?"
of
"Gaan hulle stert tussen die bene weghardloop?"

Ek dink dit gaan die tweede opsie wees, maar ek hoop ter harte dit gaan nie die geval wees nie.

Dit is uiteindelik tyd om die spanne aan te kondig. Ek moet erken ek dink daaraan om die A en B spanne om te ruil. Die A-span is ge-jinx, want met die Super 14 het die A span onder die B span geeindig en sommer met die eerste ronde van die Tri-Nations is die A-span onder die B-span.

Anyway, ek het die naweek 'n "secret weapon" in my span, sy naam is Stephen Larkham. ek dink hy gaan baja punte maak die naweek en hier is hoekom:
--Setup Go Forward Ball - 20;
--Line Break/Beat Tackler - 30;
--Setup a Try - 60

Verder het ek my hoop geplaas op Wynand "Lion-O" Olivier. Die bra het al 'n TROP geld vir my gemaak die week! (Dankie vir die tip bra Niel) Nou moet hy net perform ook.




Op die punt van geldmaak; daar het die B-span ook een oor die A-span. Die A-span het 'n "modest" $500,000 wins al gemaak, maar die B-span se wins staan op 'n MAGTIGE $1,041,000!!!



Anyway, sonder om verder tyd te mors hier is die naweek se spanne:

Desert Stormers - Team Roster

Forwards
Front Rows
Guy Shepherdson AUS - John Smit SAF
Locks
Victor Matfield SAF - Daniel Vickerman AUS
Loose Forwards
Rocky Elsom AUS - Joe van Niekerk SAF
Backs
Half Backs
George Gregan AUS - Jaco vd Westhuyzen SAF
Centres
Stirling Mortlook AUS - Wynand Olivier SAF
Outside Backs
Percy Montgomery SAF -
Lote Tuqiri AUS
Die A-Span se situasie:
Team Value

$12,427,500
Cash in Bank
$134,500
Total Value
$12,562,000
Profit/Loss
$562,000
Trades Left
12

--------------------------------------------------------------------

Supreme Stormers - Team Roster

Forwards

Front Rows--> Greg Holmes AUS - John Smit SAF
Locks--> Victor Matfield SAF - Daniel Rossouw SAF
Loose Forwards--> George Smith AUS - Juan Smith SAF

Backs

Half Backs--> Stephen Larkham AUS - Jaco van der Westhuyzen SAF
Centre--> Stirling Mortlook AUS - Wynand Olivier SAF
Outside Backs--> Mark Gerrard AUS
- Percy Montgomery SAF

Die B-Span se situasie:
Team Value
$12,910,000
Cash in Bank
$131,000
Total Value
$13,041,000
Profit/Loss
$1,041,000
Trades Left
11 (Ek het 12 trades oor gehad toe kyk ek na Lion-O se moerse wins wat hy al vir my gemaak het, toe verkoop ek hom perongeluk! -oops-)

Sterkte vir almal, tot later!!!

Thursday, July 13, 2006

Hoe werk die game?



Vir die wat gewonder het hoe dit werk:

Hier is die opsomming van hoe 'n mens score op test rugby...

Game Statistic - Points Value
Score a Try - 100
Setup a Try - 60
Line Break/Beat Tackler - 30
Force a Turnover - 30
Kick a Goal - 25
Setup Go Forward Ball - 20
Catch a Kick - 20
Make a Tackle - 10
Win a Scrum - 10
Win a Lineout - 10
Miss a Kick at Goal - (-15)
Concede Possession - (-20)

Concede Penalty - (-25)
.
.
BYVOORBEELD:
.
.
Se nou maar Akona (links) Druk 'n drie (100) en beat sy tackler (30) en vang 'n skop (20) deur die hele game.
.
.
en hy knock die bal 7 keer [(-20) x 7 = -140]
.
dan kry hy 10 punte vir die wedstryd
.
.
maw 150 (100+30+20) - 140 (-20 x 7) = 10!
.
.
...en dit is die rede hoekom mens nie baie Suid Afrikaners in jou span moet he
nie.
.
.
.
.
Op 'n ander noot: as jy 'n foto van Akona en sy boetie "edit" en jy kliek op "invert colours" dan lyk dit so: -->

Wednesday, July 12, 2006

Ronde 2 - Middelweek Update

Hier sit ons nou, halfpad op pad na ronde nommer twee toe. Dis natuurlik die eerste ronde vir die Bokke en die GROOT vraag die naweek is:

"Gaan die SpringBokke die naweek 'n
pronkerige performance insit?"

OF…


"Gaan hulle weer 'n oninspirende game speel en hopeloos verloor?"

SuperRugby se: “Jake White stands before his greatest challenge as coach as the Springboks prepare for their opening 2006 Tri-Nations test match against the Wallabies at the Suncorp Stadium in Brisbane on Saturday.”


Ek moet saamstem, want op die oomblik SUCK die Bokke as hulle nie in SA speel nie en die ding wat in almal se agterkop is, is die World Cup™. As ons nie weg kan wen nie, gan ons nie die World Cup™ kan wen nie!


Die Aussie eksperts se ook die Bokke is nie goed genoeg vir die Wallabies nie.
Ex-Ozzie rugbyspeler Dan Crowley het gese:

"Crowley told the Daily Telegraph that the All Blacks did not concentrate on sheer power in the scrums. "They try to turn you by pulling on one side and pushing on the other. Once they have disrupted you sufficiently they start the big onslaught."

The Springboks, he feels, are "not so clever". They merely try to push their opponents off the ball....

...ek stem saam, die bokke is nie so slim nie. Sonder Jean de Villiers in die span is daar bitter min breinkrag in die span!



Anyway…
Op die testrugby veld het ek bietjie ge-"gamble" aan die begin van die week en ek moet se dit het my 'n paar trades gekos, ek is nog steeds op die spoor, solank die drolle nie almal ontrek of weer AWOL gaan nie.

Tips vir die week:
1.) Wynand Olivier – hy’s cheap en hy maak jou geld los om ander groot name te koop.
2.) Os du Randt – moenie vir Os koop nie, hy gaan seker ge-sub word na halftyd en hy’s nou te stadig om baie tackles te maak. Mens kry nie punte omdat hy die hele Aussie voorry alleen plat druk nie!




Gedagte vir die dag:


Wynand Olivier lyk soos:





Lion - O van die ThunderCats


As jy nie weet wie is die ThunderCats nie, kyk die video!


Hopelik het Wynand ook 'n bietjie superpowers.





Anyway, di nou eers genoeg van my vandag...

My spanne vir die naweek is amper reg, ek sal die spanne volgende keer bekendstel. (ek moet eers bietjie mind games speel.)



Monday, July 10, 2006

Die naweek se (REGTE) nuus...

Vraag: Hoe lyk 'n Blou Bul wat in die hek vas duik?
Antwoord: ...

Blou Boele 10 - 15 WP

Toe is julle nie so taai op "Fortress Loftus" nie!

WP Rugby -------------->>>

"Dis in jou bloed!"

<-- Justin Melck maak die hek OOP tussen die boele verdedigers.

.

.

.

Vragie vir die boele ondersteuners...

...ballas?

Ronde 1 - Weekend Round-Up

Hier is die round-up van die naweek:
Die B-span (wat die oorspronklike A-Span was) het die A-span outperform.
Drie "no-shows" en Oupa Gregan het die A-span se plek op die eerste bladsy van die rankings gekos.

Hier is my twee onsuksesvolle spanne vir die naweek:.

Supreme Stormers: Round 1 -
Ranking: 22 uit 33
Posisie - Speler - Land - punte
FR Carl Hayman NZL 150
FR Tony Woodcock
NZL 90
LK Mark Chisholm
AUS 70
LK Ali Williams
NZL 90
LF Rocky Elsom
AUS 15
LF Jerry Collins
NZL 175
HV George Gregan
AUS 30
HV Daniel Carter
NZL 275
CT Aaron Mauger NZL 145
CT Mat Rogers
AUS 150
OB Mark Gerrard
AUS 80
OB Joe Rokocoko
NZL 50

TOTAL ROUND POINTS: 1,320


Desert Stormers: Round 1
Ranking: 26 uit 33

Posisie - Speler - Land - Punte
FR Tai McIsaac AUS 90
FR Carl Hayman NZL 150
LK Mark Chisholm AUS 70
LK Troy Flavell NZL 0
LF Rodney So'oialo NZL 120
LF Jerry Collins NZL 175
HV Daniel Carter NZL 275
HV George Gregan AUS 30
CT Stirling Mortlock AUS 120
CT Casey Laulala NZL 0
OB Rico Gear NZL 150
OB Clyde Rathbone AUS 0

Total Round points: 1180

Om die naweek op te som:

Eerstens:
Dan Carter en Nieu Seeland is net pure kwaliteit - hulle worry nie oor enige iemand nie en pis op almal (letterlik - sien die link na
Super Rugby)


Vir die oningeligtes: The loose forward [Jerry Collins] was caught on camera on bended knee, discreetly relieving himself on the pitch moments before kickoff.

"If you're a male and you're about to play a test match and you're seconds away from kickoff and you get the urge to want to go to the toilet - what do you do?" Hansen [ NZ assistent afrigter] said.

My antwoord: "Pis op hulle!"

Tweedens:
George Gregan is 'n "has been" en suck baie, net soos die res van Australie!

Friday, July 07, 2006

Tri Nations

Die Drie-Nasie reeks word elke jaar deur drie spanne gespeel.

1.) Nieu Seeland - Die All Blacks => hulle logo is 'n "silver fern"

Die silver fern is nie so 'n impressive logo nie, maar ek dink dis giftig of iets want hulle rugby span is op die oomblik giftig!!

2.) Australie -> die Wallabies => hulle logo is 'n Wallaby.

'n Wallaby lyk soos 'n kangaroo, maar dis kleiner.

Hierdie wallaby lyk bedonderd, maar ek sou ook wees as iemand sulke k@k rugby span na my vernoem.

3.) Suid Afrika -> die Springbokke => hulle logo is 'n Springbok.

Hierdie spesifieke Springbok lyk nogal ook kwaai, maar ek weet nie of ons hierdie jaar die mas gaan opkom nie.

Om op te som: die drie spanne in die Tri Nations is: Nieu Seeland, Australie en Suid Afrika.

Nieu Seeland is die beste, want hulle het dit al die meeste gewen, Australie is die tweede beste want hulle het dit al die tweede meeste kere gewen. Suid Afrika is die k@kste want hulle het dit nog net twee keer gewen.

Die Springbokke lyk gewoonlik soos die prentjie hier onder wanneer die TriNations verby is:

(ek weet nie of die jagter 'n kiwi is nie)

Namibie - Namibier - Namib Bier - Namib

Hierdie is die Namibiese vlag. Dis rooi en blou en wit en groen en geel. Almal in Namibie ondersteun die Springbokke, behalwe Pieter, hy ondersteun die Wallabies.


Hier is 'n foto van my en my meisie, ons sit voor Stonehenge in pommieland. Ons het die foto bruin gemaak omdat ons heeltemal bleekwit is van die min sonskyn wat ons hier kry.


Hier is 'n advertensie vir Windhoek bier. Ons het lekker bier in die Namib, maar niemand in Windhoek drink Windhoek nie, ons drink almal Tafel Lager. Tafel Lager is lekkerder as Windhoek Lager.


Hier is 'n foto van die Namib uit die ruimte uit.


O, ja, my meisie is nie net my meisie nie, sy's my verloofde ook. Ons gaan in hierdie kerk trou. Die perd staan langs die kerk en hy staan ook op Windhoek Bier

Super 14 - Final Standing


Dis hoe die vorige liga geeindig het...
Hierdie is die tweede bladsy:

Standings: Beeld Bemarking Division
Rank Team Name Points

21 The Flamingos 26,430
22
Gatskop15 26,170
23
dixie chickens 26,070
24
Black Hawk 26,045
25
Desert Stormers 25,995
26
Supreme Stormers 25,045
27
kaapstad kings 24,145
28
Copshop 23,785
29
Die Tottiekoppe 23,420
30 gunz and rosez 21,520
31
Vylbijl 21,360
32
Platanna 19,750
33
Shafts 14,040
34
Marx(Dam duiker) 13,375
35
Pienaar gaan jou wen 5,665


Ek het 'n Sterretjie langs my naam gehad omdat ek die grootste rankings jump gemaak het. (Die B-span het die A-span verby gesteek op die laaste ronde!)

Aangename Kennis

My team se naam is die Desert Stormers en my logo is op die oomblik 'n Boesman.

Ek het ook 'n B-span hulle naam is die Supreme Stormers.

Die Supreme Stormers was op 'n kol my eerste span, maar na die vorige Super 14 liga waar die oorspronklike B-span (Desert Stormers) die A-span (Supreme Stormers) gewen het, het ek belsluit om vir hierdie Tri-Nations liga die spanne om te ruil.

Die Supreme Stormers se logo is 'n vlieende vlammende sokkerbal: