Die Drie-Nasie reeks word elke jaar deur drie spanne gespeel.1.) Nieu Seeland - Die All Blacks => hulle logo is 'n "silver fern"
Die silver fern is nie so 'n impressive logo nie, maar ek dink dis giftig of iets want hulle rugby span is op die oomblik giftig!!
2.) Australie -> die Wallabies => hulle logo is 'n Wallaby.
'n Wallaby lyk soos 'n kangaroo, maar dis kleiner.
Hierdie wallaby lyk bedonderd, maar ek sou ook wees as iemand sulke k@k rugby span na my vernoem.
3.) Suid Afrika -> die Springbokke => hulle logo is 'n Springbok.
Hierdie spesifieke Springbok lyk nogal ook kwaai, maar ek weet nie of ons hierdie jaar die mas gaan opkom nie.
Om op te som: die drie spanne in die Tri Nations is: Nieu Seeland, Australie en Suid Afrika.
Nieu Seeland is die beste, want hulle het dit al die meeste gewen, Australie is die tweede beste want hulle het dit al die tweede meeste kere gewen. Suid Afrika is die k@kste want hulle het dit nog net twee keer gewen.
Die Springbokke lyk gewoonlik soos die prentjie hier onder wanneer die TriNations verby is:
(ek weet nie of die jagter 'n kiwi is nie)



No comments:
Post a Comment