Thursday, August 03, 2006

Halfpad... (State of the nation)

Die eerste groot vraag die naweek is: Gaan Butch 'n verskil maak? Gaan hy almal rol en Larkham tackle dat hy pis? -of-



-of- moet ons wag tot Jean weer terug is om 'n spark te maak


Anyway, nou hier op die halfpad merk lyk dinge baie interressant. Hier onder is die verskillende "situasies"

Volgens my analise is Bosveld Kwagga in "pole position". Hy het 'n TROP trades en 'n trop geld. PPP/Twelve to Watch is altyd 'n contender en sy situasie lyk ook gesond. Ek wonder of Tapper en Saru Sucks die big match temprament het en my situasie lyk ook goed solank daar nie onverwagste beserings of spanveranderings is nie. As ek Ronde 1 actually spelers gekies het wat gespeel het sou ek ook dalk 'n contender gewees het?

Anyway hier is die situasies:

1.) Cheatahs
2 trades en $2mil wins

2.) PAUL'S POWER PACK
7 trades en $2mil

3.) Bosveld Kwaggas
12trades en $4.1mil en $2.1 in die bank

4.) Saru Sucks
8trades en $1,7mil

5.) Boknaaipanners
11trades en $2.9mil

6.) Twelve To Watch
5 trades en $1.7mil

7.) DT ALLSTARS
1 trade en $200,000

8.) Banana Beests
8trades en -$500,000 verlies

9.) Tappers
8trades en $1,5mil

10.) Desert Stormers
6trades en $4,2mil wins en $2mil in die bank

11.) Booswigte
8trades en $623,500 in die bank en INCOMPLETE SQUAD

12.) Rodzilla
6trades en $468,000

13.) Platanna
8trades en $2mil wins

14.) Paper Dogs
3trades en $594,500 wins

15.) Supreme Stormers
6 trades; $4.1mil wins en $2.18mil in die bank


My predictions vir die naweek is: Cheatahs af na pos 3 BK op na 1 en PPP bly op 2.

My A span gaan op na 5 en die B span skuif tot by 10.

My voorspelling vir die naweek is:

Die Wallabies gaan ons weer saag!

Anyway, ek gaan trou nou eers, so ek gaan seker nie vir die volgende drie weke die blog update nie.

Tot later en sterkte vir almal!

Wednesday, August 02, 2006

Die TalkZone


Een van die interessantste en mees "entertaining" gedeelte van TestRugby is die TalkZone. Hier kan al die spelers met mekaar gesels en mekaar "slag" deur die week voor die game. Soos ek gese het, dit kan nogal entertaining wees as daar genoeg mense is wat mekaar k@k gee.


Hier onder is wat gister daarop aan gegaan het:
Laat ek julle voorstel aan die karakters-
Desert Stormers en Supreme Stormers is die A-span en die B-span
Bosveld Kwaggas is Lukie in Edinburgh
Tappers en Saru sucks is Niel in Pretoria
Boknaaipanners, Cheatahs en Platanna is Niel se kollega's in Pretoria in Johannesburg en Pretoria.
Paul's Power Pack is Niel se baas in Jo'burg

Jy moet die storie van onder af lees
---------------------------------------------------

Desert Stormers : 03 Aug 2006 at 03:43 - Bra Saru ons is nie pessimiste nie, maar as die Bokke halfpad so hard soos Trippel P verdedig staan ons dalk net 'n kans die naweek. Ek gaan Saterdag lekker die game kyk op Oliver Tambo International!

Desert Stormers :
03 Aug 2006 at 03:41 - Hoezit BK? Nee jong, die mense werk nie almal saam nie, dis almal PPP se bende wat hy refer het om ons aandag af te trek sodat hy kan wen... Maar anyway BK, gepraat van grootbek... bespeur ek so 'n stille arrogansie daar van jou kant af?

Bosveld Kwaggas : 03 Aug 2006 at 02:12 - PPP is lekker grootbek. Sal maar na die naweek sien. Hoekom is ss en ds so stil? By the way, werk julle almal saam?

PAUL'S POWER PACK : 03 Aug 2006 at 02:08 - daar is nie 'n probleem nie as daar was sou julle dit ookie geweet het nie gaan kyk op spy mode wat in die spanne aangaan en vergewis julself dis nie 'n mooi prentjie vir die teenstanders nie!!

Saru Suck : 03 Aug 2006 at 00:45 - Pasop vir al julle pessimiste daarbuite. Die Bokke gaan die ausies roer! PPP hoe lyk dit vir my of jy verdedig. Iemand wat so verdedig is gewoonlik skuldig! Kom ek vra jou dan nou....HOE groot is daai trade probleem!!!!

Platanna : 03 Aug 2006 at 00:21 - PPP, is jy seker jy weet wie ek is? Jy't nie net met een persoon die week koffie gedrink nie. Wie is Pearson? As hy baie betaal wil ek ook daar gaan werk.

PAUL'S POWER PACK : 03 Aug 2006 at 00:18 - platanna hoekom skryf jy nie maar sommer nog 'n paar teams in nie - dan kan jy minstens 'n paar rand maak voor game begin lyk my pearson betaal julle om die web te surf

PAUL'S POWER PACK : 03 Aug 2006 at 00:17 - julle is pateties as dit die beste is waarmee julle vorendag kan kom daar is niks soos slefvertroue nie, vra maar vir Jake - hy het aussies sommer 3 dae voor die tyd gesê, ons gaan julle try sagmaak voor... as hy dit kan doen , kan dit seker vir my ook werk. en by the way , my trades is safe

Cheatahs : 03 Aug 2006 at 00:09 - Ek raak nervous as PPP so begin praat. Pasop julle HKGK.

Platanna : 03 Aug 2006 at 00:02 - Toe ek die week met PPP koffie gedrink het, het hy maar lekker nervous gelyk! Die man het nie meer trades oor nie...

Supreme Stormers : 02 Aug 2006 at 20:12 - Mayday, mayday - Trippel P is te windgat! die boele is k@k. Hoekom sit jy twee bul-spanne in? Daar's nog baie rondes oor Trippel P en soos Fernando Alonso die naweek gesien het vat dit net een k@k ronde om jou as te sien.

PAUL'S POWER PACK : 02 Aug 2006 at 19:23 - Mayday , Mayday, Mayday PPP en ttw het 2 bulspanne wat in veld gestoot word die naweek. As daar spanne is wat wil onttrek - ek glo almal sal verstaan!!

Saru Suck : 02 Aug 2006 at 01:20 - O, dis bra Lourens!! Hoezit dude!! Kyk mooi na ou Tri-P se bleskolletjie......Dis 'n rugby stadion designed vir vlooie wat hulle weergawe van die Tri-nations net daar op ou Tri-P se kop speel.

Desert Stormers : 31 Jul 2006 at 21:46 - Ou Bos Kwagga is die derde helfte van die Namib-Invasion... maar eks seker jy weet dit al, Trippel-P

PAUL'S POWER PACK : 31 Jul 2006 at 20:42 - gunz & R moes eers eksamen skryf - dis tough om jonk te wees. Ek weetie wie Bosveld K is nie, maar dalk spy hy op my om my agterkop te sien. G'n wonder die blikskottel vaar so goed nie.

Saru Suck : 31 Jul 2006 at 20:15 - Miskien is ou kwagga en tri-p, hoe sê ons, BAIE goeie vriende!!!!

Desert Stormers : 31 Jul 2006 at 19:45 - O ja en net so by the way, het julle gesien waar daai klein geel sterretjie is? Al wat ek wil se is: "Dis nie'n sprint nie, dis 'n maraton!"

Desert Stormers : 31 Jul 2006 at 19:43 - Dagse mense, die Namib-Invasion duur voort lyk dit my. Twee Namibiers in die top 10! Nou moet julle pasop! Bosveld Kwagga ou pel - wat doen jy dat jy Trippel P se agterkop kan sien?

Boknaaipanners : 31 Jul 2006 at 18:58 - PPP, wat gaan met gunz & roses aan? Het die mannetjie nou belangstelling verloor of wat? Ek sien Paper Dogs se 'downward spiral' duur voort...

Tappers : 31 Jul 2006 at 17:57 - Mooi Tri-P....lyk my die kaf gaan nou van die koring geskei word! SS/DS well done ou maat, vir 'n man met min trades doen jy nie te sleg nie. En dan is daar Cheetahs....wat kan ons sê jy gaan my asem in jou nek hoor!!! Ek ken vi Banana Beasts...die ou ken sy rugby, sal bietjie hoor wat het daar gebeur!