Thursday, September 14, 2006

Game Over...

… en so kom alles tot ‘n einde.

Hieronder is die finale liga tabel en ek moet se dat dit met groot trots is wat ek NET die Top10 spanne in die liga hoef te gegee het. In teenstelling met die begin van die blog toe ek die onderste twintig moes gegee het!

Die uitleg van die tabel is as volg: Posisie; Span; Totale Punte; Wereld Posisie

FINAL Standings: Beeld Bemarking Division

1.) Boknaaipanners - 23,265 - 195
2.) Saru Suck - 22,505 - 428
3.) PAUL'S POWER PACK - 22,285 - 497
4.) Bosveld Kwaggas - 22,180 - 524
5.) Platanna - 22,175 - 526
6.) Cheatahs - 21,465 - 712
7.) Tappers - 21,265 - 757
8.) Desert Stormers - 20,780 - 880
9.) Twelve to watch - 20,720 - 894
10.) Supreme Stormers - 19,980 - 1,062

Nou vir die toekennings:

Die beste performer: Boknaaipanners - nogal 'n obvious keuse, maar hy het 'n paar spanne in die running gehad en almal het goed gevaar.

Beste nuweling: Bosveld Kwagga - die eerste keer wat hy saamspeel en hy is op nommer 99 uit die top3 gelig. Goeie werk en baie dankie vir hom, want terwyl ek op honeymoon was het hy my spanne ge-manage en nie te sleg gedoen nie.

Grootste verbetering - Desert Stormers - ek moes 'n award vir my self ook gee! van die bo punt van bladsy twee af tot in die Top10 met twee spanne en soos vroeer genoem, ek was nog op honeymoo ook die helfte van die game!

Beste vertoning onder druk - Saru Suck/PPP - ek moes die toekenning split tussen die twee, want met die vorige ronde het die twee heeltemal weggehardloop met die game. Hulle het heel respektabel 2e en 3e geeindig met baie druk van nuwelinge en beter vertoners!

Spesiale toekenning vir 'n spesiale speler - Snotkoppe - die toekenning is nie vir sy vertoning op die veld nie, maar liewer omdat hy UITEINDELIK uitgevind het hoe om vir ons liga 'n logo te gee.

Risky award - Bravi - Met sy kaalbors prentjie het hy ons almal se aandag afgetrek sodat hy die "round sweep" kon wen in die derde ronde. Hy bewys tog dat risky spel nie werk nie en het op bladsy twee geeindig in 23ste posisie.

"Round Sweep" toekenning - Platanna - hy het die round sweep twee keer gewen met dieselfde span.

Valskerm toekenning - Cheatahs - van die hoe hoogtes van nommer een het hy seker te min suurstof gekry en beginne val en as daar meer rondes was sou hy seker laer as 'n skamele nommer 6 geeindig het. (Dis steeds bo my, maar ek was nog nooit nommer 1 nie!)

Nou toe, dis die einde van die TriNations. Dit was baie lekker, baie dankie aan almal.

Eks seker niemand kan wag tot die volgende ronde nie!

No comments: